Sedert ek nog
klein was, wou ek altyd ‘n restaurant oopmaak saam met my pa. Die naam sou “Ek
en Papa” wees. Vanaf ‘n jong ouderdom het ek altyd vir my pa in die kombuis
gehelp om te kook. Altwee van ons het daarvan gehou omdat dit ‘onse’ tyd was. Dit
saam met stappies om die berg en fietsry rond om die skuureiland. Ek het nog
altyd gevoel asof dit ek en papa teen die wereld was.
My gunstelling kos wat
ons saam gemaak het was lasagna. Die beste deel was om die maalvleis in
lae in die bak te sit. Daarna was dit
die wit sous pastei en dan die kaas heelbou. Die kaas was verantwoordelikheid .
gekrummelde sampioene was my volgende gunstelling. Ons het meel, eier en
laastens brood krimmels gebreik om dit ‘crispy’ te maak. Ek was nie toegelaat
om die sampioene self te kook nie, omdat my pa bang was dat ek myself sou
brand. Eers wanneer ek ‘n bietjie ouer was het hy my dan toegelaat om dit te
kook. Laastens was tuisgebakte vlae my heel gunstelling. Ek moes net die pot
anhou roer om te vermei dat die melk in die pot brand. Dit was nie baie lekker
nie. Ek het baie daarvan gehou om die melk en die vlae uit die pot uit te lek
wanneer ek klaar was. My hande was baie taai wanneer ons daarmeer klaar was.
Tot op die’ dag toe is hierdie drie disse my gunsteling kos in die wereld. Nie
net omdat dit so lekker proe nie, maar omdat dit so baie herinderinge opbring.